Vir jou eie huwelik

 

  • Dra ’n wit lint gedurende Huweliksweek om jou ondersteuning te wys. Sit dit aan jou handsak, om jou arm of steek dit vas met ’n speldjie
  • Bind ’n groot wit lint/strik om ’n boom voor jou huis
  • Volg enige van die verskeie huwelikskursusse wat gratis beskikbaar is vir aflaai op die SA Huweliksweek webwerf.
  • Gebruik ons amptelike plakker as jou Facebook profiel foto van 1-7 September.

Hardloop jy uit idees uit vir Huweliksweek? Hier is 10 oulike tips om jou huwelik behóórlik te vier!

  1. Blaas ’n ballon op vir elke jaar wat julle getroud is. Skryf iets moois van jou maat op stukkies papier en plaas een in elke ballon. Jou maat sal mal wees daaroor om elke ballon te pop en te ontdek wat jou lief maak vir hom/haar!
  2. Hou ’n droom-aand. Lê op ’n piekniekkombers op die gras, op jul rûe en staar vir die sterre terwyl julle droom oor jul korttermyn planne en jul langtermynplanne. Sommige drome kan haalbaar wees, maar daar kan selfs drome wees waaroor julle maar net kan droom . . .
  3. Gebruik jou selfoon om ’n video vir manlief op te neem. Vertel hom wat jy van hom liefhet en waardeer en stuur dit vir hom.
  4. Begrawe ’n houer in jul agtertuin met iets spesiaals om hierdie jaar te simboliseer. Dalk ‘n foto of net ’n mooi brief aan mekaar.
  5. Skakel die televisie af gedurende aandete elke aand hierdie week. Dit maak ’n groot verskil in paartjies se verhouding omdat hulle skielik tyd het vir mekaar en beter na mekaar luister (sonder die rugby game wat in die agtergrond blêr!)
  6. Ruil take om vir hierdie week. Dit is dalk nie so prakties nie, maar kyk of julle minstens een van jul gereelde take kan uitruil. Manlief kan miskien bietjie die kinders skool toe vat, terwyl jy die swembad skoonmaak. Dit is ’n manier om bietjie in jou maat se skoene te klim en hom/haar van nuuts af opreg te waardeer.
  7. Raak sentimenteel op sosiale media. Soek vandeesweek mooi aanhalings, foto’s van julle twee saam en inspirerende gedagtes om te post of te tweet. Onthou om manlief te tag sodat hy hulle ook raak lees en weet toe jy die gedagte neergeskryf het, het jy aan hom gedink. Volg Huweliksweek gerus op Facebook, Twitter en Instagram.
  8. Maak ’n wynkapsule. Koop ’n goeie bottel wyn (gaan dit vooraf met ’n wynproe as julle kan). Gesels saam oor jul beplanning vir die jaar wat voorlê, amper soos liefdesvoornemens, en seël dit in die leë wynbottel – wat julle eers gedurende volgende jaar se huweliksweek mag oopmaak.
  9. Maak dienslewering ’n prioriteit. Hoeveel jaar is julle getroud? Miskien 12? Besluit dan om twaalf goeie dade te lewer – amper soos ‘paying it forward’? Hierdie dade moet iemand anders se huwelik bevoordeel. Gesels met ’n paartjie oor ‘n ervaring wat julle deurgemaak het. Bied aan om ’n paartjie se kinders op hul date night op te pas. Koop ’n beradingsessie vir vriende van julle wat deur ‘n moeilike tyd gaan . . .
  10. Hou ’n geskiedenistoer van jul verhouding. Besoek al die plekke wat vir julle albei iets beteken. Miskien die plek waar julle ontmoet het, waar julle op jul eerste afspraak was, waar julle verloof en getroud was. En selfs die hospitaal waar jul eersteling gebore is!

funksie

Funksie vir getroude paartjies!

verteljouvriende2016

Vertel jou vriende

wordambassadeur

Word 'n Ambassadeur