Love Bridge

Lovebridge-small

 

Pretoria het sy eie liefdesbrug gekry gedurende ’n glansgeleentheid in September 2014. Die brug is reeds swaar gelaai met talle simboliese slotte . . . En jy kan steeds jou eie slot ook aan die brug gaan hang!

’n Slot is ’n simbool van ewigheid, veiligheid, beskerming . . . en watter beter manier as om iemand te laat verstaan dat jy jou liefde aan hom “sluit” met ’n gegraveerde slot aan ’n liefdesbrug. Ongelukkig is dit nie vir almal beskore om vinnig vir ’n naweek na Parys, Frankryk, te vlieg om jou liefdesslot op die Pont des Arts vas te sluit en die sleutel in die Seine te gooi nie. Dié romantiese gebruik het regdeur die wêreld versprei en danksy die inisiatief van Liezel van der Merwe, INTIEM se besturende redakteur, kan paartjies dit nou ook in Suid-Afrika doen!

Love Bridge is gratis en oop vir die publiek in Magnolia Dal in die hartjie van Pretoria. Geniet ‘n cappuccino by Huckleberry’s en sit jul slot aan die brug.

Koop jou eie slot by enige hardeware winkel soos Builders Warehouse, en laat graveer dit by meeste juweliere of graveer besighede. Huweliksweek het gebruik gemaak van Trophy and Medal Boutique in Garsfontein.

 

funksie

Funksie vir getroude paartjies!

verteljouvriende2016

Vertel jou vriende

wordambassadeur

Word 'n Ambassadeur