Huweliksweek “Cake Call”
Ons plaas ‘n beroep op almal wat Huweliksweek vier, om cupcakes te bak vir 1-7 September.
Versier jou cupcakes soos ’n klein troukoek en deel dit uit vir getroudes by die werk, vir iemand by die petrol-stasie, vir ouers wat hulle kinders aflaai by die skool.
Hierdie klein troukoekies sal hulle opnuut herinner aan hulle trou-dag en hulle inspireer om ook deel te raak van Huweliksweek!