"Driving down the aisle"


MW drivingdowntheaisle“Walking down the aisle” klink bekend, maar “Driving down the aisle”?


’n Aantal besige boom-lanings landwyd sal met wye plastieklint versier word op 1 September as simbool vir die huwelik, om paartjies te herinner aan die dag wat hulle hul troubeloftes afgelê het.


Die indrukwekkende Driving Down the Aisle projek sal sigbaar wees in dorpe landwyd (vanaf Tzaneen tot in die Kaap) en word geïmplementeer deur ambassadeurs vir Huweliksweek.


“Ons wil graag hê Driving down the Aisle moet mense aan die hart ruk en herinner aan net hóé lekker hul troudag was. En dat hierdie elke huwelik geregtig is op die beloning wat ‘n gelukkige en gesonde huwelik inhou”. – Liezel van der Merwe