Huwelikskursusse

kursus1

small heartDie LOFS Temperament Toets - Begin gratis

Regoor die wêreld het baie paartjies al hul liefdestale ontdek... Dis nou tyd om dit een stappie verder te vat en jou "SUPERPOWERS" te ontdek!

Wil jy ook weet waaroor die groot bohaai nou eintlik gaan? Dit gaan oor LOFS, die eerste Temperament Toets ooit wat spesifiek vir paartjies ontwikkel is! LOFS is 'n afkorting vir Lake, Ocean, Fountain en Snow... 4 verskillende temperament vorme. Die volledige LOFS Temperament Toets ('n produk van Marriage Capsule) bestaan uit 48 vrae wat wetenskaplik geformuleer is om jou primêre, sekondêre en kombinasie temperament te bepaal... Maar kom ons begin sommer net hier met 'n GRATIS (verkorte en vereenvoudigde) weergawe van LOFS:

KLIEK HIER en doen die basiese (gratis) weergawe van die LOFS Temperament Toets

kursus4

small heartVerkry toegang tot die VOLLEDIGE LOFS Temperament Toets

Die LOFS temperament toets gaan jou help om jouself en jou maat beter te verstaan.

Dit gaan jou daardie "aha" oomblik gee en jou laat verstaan hoekom jy soms voel soos jy voel, dink soos jy dink en optree soos jy optree. Jy gaan ook dieselfde van jou maat ontdek! Die toets gaan bepaal wat jou hooftemperament is (Lake, Ocean, Fountain of Snow) sowel as jou sekondêre en jou kombinasie temperament.

Jou temperament het 'n invloed op alles in jou huwelik - van die manier wat julle kommunikeer, tot die manier wat julle liefde uitdruk en wil ontvang. LOFS gaan jou leer om sin te maak van jouself, jou maat en julle lewe saam.

KLIEK HIER en verkry toegang tot die volledige LOFS Temperament Toets

kursus3

small heartMarriage Capsule

WEES VIR ‘N OOMBLIK BIETJIE EERLIK MET JOUSELF…. Verstaan jou maat regtig wat jou hart vinniger laat klop? Verstaan hy/sy wat jy nodig het om waardeer te voel, om ondersteun te voel, om gelukkig te wees? Is jou huwelik alles wat jy verwag het dit gaan wees? Wonder jy soms of jy met die verkeerde persoon getrou het? Of is jy dalk net op soek na maniere om jou huwelik verder te verryk en te verbeter?

Elke huwelik gaan deur goeie en minder goeie tye, maar om ‘n getrou te bly en die groter prentjie vir jou huwelik in oog te hou, is ‘n leefstyl wat gekweek kan word! Deur Marriage Capsule se 7 stap metode, gaan jy waardevolle insig in jou eie, sowel as jou maat se manier van dink, omgee, en liefwees vir mekaar kry… Sien dit as ‘n hupstoot tot ‘n beter huwelik, maak nie saak in watter fase van die huwelik julle tans is nie!

Ons gee jou die “How to guide” wat jy eintlik op jou troudag al moes gekry het…

Meer as 10 jaar se ondervinding by INTIEM Tydskrif (in samewerking met ‘n fantastiese redaksiespan, seksuoloë, beraders, skrywers, medewerkers en ambassadeurs) is nou saamgevat in ‘n unieke 7-stap metode wat paartjies leer hoe om “Die huwelik beter te doen”.

Hierdie is nie “net nog ‘n vervelige huwelikskursus” nie! Ons is oortuig daarvan dat Marriage Capsule ‘n eerste in die wêreld is! ‘n Interaktiewe huwelikskursus, met unieke elemente genaamd “gamification” (“badges/leaderboard/quizzes”….) omskep in ‘n elektroniese kursus (e-kursus) met ‘n formule wat beloof om ‘n verskil in jou huwelik te maak!

Maak nie saak of jy verloof is, pasgetroud, of al meer as 7 sakke sout saam opgeëet het nie, Marriage Capsule is ontwerp vir mense wat hulle huwelik wil laat werk, ongeag die omstandighede en uitdagings wat die lewe na hul kant toe gooi nie! Ons gee jou al die hulpmiddels wat nodig is om jou huwelik weer te maak werk en te laat hou!

Het jy dalk onderliggende vrese oor ‘n moontlike egskeiding? Oor ontrouheid? Is jy dalk bang jy word verveeld? Of voel jy jou huwelik is op ‘n goeie plek, maar jy wil steeds aanhou om daarin te belê, dit te versterk en te verbeter? Marriage Capsule kan jou help om daardie vrese en ideale te identifiseer en aan te spreek – Om in jou huwelik te belê is noodsaaklik… en ons het al die hulpmiddels om dit briljant te kan doen!

Die program is opgedeel in 7 vlakke… Ons maak dit vir jou maklik om deur al die vlakke te werk, deur dit in ‘n program van 7 weke (1-2 ure per week) op te deel. Dis haalbaar en sal in jou daaglikse program kan inpas! Ons neem jou op ‘n reis van ontdekking, alles in die gemak van jou eie huis – al wat jy benodig is ‘n selfoon of rekenaar met internet konneksie. Sodra jy die program suksesvol voltooi, kry jy ‘n amptelike sertifikaat en jul name word in die “International Marriage Hall of Fame” aangeteken – voorwaar ‘n prestasie wat gevier moet.

strong />KLIEK HIER en verkry toegang tot Marriage Capsule