Celebs wat Huweliksweek ondersteun

 

Nico en Christi Panagio

1

Vertel ons van een van die hoogtepunte in jul huwelik?

Daar is so baie hoogtepunte in ons huwelik maar wat uitstaan is beslis ons troudag, honeymoon en elke reis! Dit was so lekker love fest en het al ons verwagtings oortref. Verder is elke reis ‘n hoogtepunt. Mens raak so besig in jou elke dag en raak vasgevang in die klein dingetjies. As jy reis is jy in die oomblik en fokus op mekaar.

Wat was die moeilikste les wat die huwelik julle geleer het?

Ons leer eintlik meer lesse as individu om byvoorbeeld meer geduldig te wees. Ons het ‘n baie positiewe uitkyk op die huwelik en herhinner onsself altyd om elke dag meer genade vir mekaar te he.

As julle een ding in jul huwelik anders kon doen, wat sou dit wees?

Om nie verstrik te raak in klein goedjies nie en om elke dag ‘n bietjie magic in jou verhouding in te squeeze! Die lewe raak woes besig en mens sien net uit na die naweek. Ons probeer om elke dag ‘n spesiale oomblik in tyd te deel. en jy sien uit na saterdag.

Wat, dink julle is die sleutel tot sukses in enige huwelik?

Die sleutel tot suksesvolle verhoudings is om te weet dit is nie ‘n een dag ding nie. Dis aanhoudende, daaglikse en oor ‘n lang tydperk, goeie keuses maak, goeie besluite neem en gedurig seker maak julle is op dieselfde bladsy sodat dat dit met tyd moeiteloos raak! Soms is dit moeilik om op dieselfde bladsy te kom. Maar elke goeie besluit maak ‘n groot verskil!

Bobby en Annatjie van Jaarsveld

2 

As julle een ding in jul huwelik anders kon doen, wat sou dit wees?

Van my kant af sou ek verseker wou geleer het om beter te komunikeer. Ek sukkel daarmee en hou te veel goed vir myself dan veroorsaak dit struweling In die huwelik. Ek probeer wel dit doen maar dit kom nie natuurlik nie.

Ons sou ook baie meer tyd aan mekaar wou spandeer en gee omdat die lewe net meer gejaagd word elke dag en mens kan maklik mekaar mis in dit alles.

Jakkie en Anel Louw

3

Wat, dink julle is die sleutel tot sukses in enige huwelik?

Ons het een keer by ‘n winkelsentrum rond geloop, gesels en gelag oor ‘n grappie toe ‘n ouer man wat al jare getroud is ons stop en sê “Julle moet nooit ophou gesels nie, dit is die sleutel tot sukses in ‘n huwelik.”

Ons daag ander getroude paartjies uit om te onthou die huwelik gaan nie net oor een individu nie maar dit gaan oor die twee van julle saam. Julle moet na mekaar omsien! Sodra jy jouself as individu meer ag as die verhouding is daar moeilikheid! As jou ego ‘n rol begin speel en jy sê dis nie meer ‘ons’ nie maar ‘ek’ is julle verhouding in gevaar. En laat gaan die klein dingetjies! Moenie baklei oor melk of die buisie tandepasta nie.